Showing posts with label Beef Bourguignon. Show all posts
Showing posts with label Beef Bourguignon. Show all posts

Sunday 15 April 2012

Rooiwyn Bees alias Beef Bourguignon

Hierdie een is vir Gwynneth, Julia en Johann se vrou :-)

Rooiwyn Bees
 
Dis seker een van die mees bekendste resepte ooit. Julia Childs se Beef Bourguignon of Beef Burgundy. Die fliek Julie and Julia het dit ook verder bekendheid gegee.

Ek wou die naweek iets spesiaals maak en vra toe vir Gwynneth of daar enigiets is waarvoor sy lus is wat spesiaal is. Sy gee toe te kenne dat sy al lankal lus is vir Beef Bouguignon. Nou ja toe is dit ek en beesvleis en roowyn.

My manier van so iets maak is dat ek soveel as moontlik oplees daaroor en 'n baie goeie idee kry van wat die beginsels is voordat ek dit maak. Ek wou dit so outentiek as moonltik maak en ek dink dit het goed uitgekom... Ek het selfs die oorspronklike TV program (in swart en wit!) afgelaai voordat ek dit gemaak het. Hier is van die skakels om dit af te laai:

Die blog het links na die resepte uit Julia childs se boeke: http://beef-bourguignon.blogspot.com/p/julia-childs-beef-bourguignon.html

Vir die video van Julia Childs se TV program: http://www.youtube.com/watch?v=PrnXvE9Fqdo

Die maak hiervan is eenvoudig, maar dit verg 'n paar stappe, hele paar potte en 'n hele paar uur. Jy het goeie beesvleis nodig, shin werk vir my die beste, dit kan lank kook en dit gee 'n ongelooflike sous. Dit is ook heelwat goedkoper as steak.

Wat hierdie gereg behels is dat die vleis vir omtrent 3 uur lank in die oond bak in rooiwyn (en ander goed). Daar is geen kort pad vir dit as jy die sous wil reg he nie.

Die metode verg 'n hele paar stappe. Die eerste is om die vleis voor te berei.

Tweede is die "stew" daarvan. 2-3 ure in die oond.

Derde is die kook van die uie.

En vierde die voorbereiding van die sampioene.

...en laastens die regkry van die finale sous.

Om alles in 'n pot te gooi en dit te kook gaan nie naastenby dieselfde resultaat gee as die nie.


Benodigdhede

Die belangrikste toerusting vir hierdie is 'n pot wat dig seel en in die oond gebak kan word. Ek wou al lankal een van die Le Cruiset potte gekoop het, maar teen R1400 per pot is die gekheid. Die potte is van gietyster gemaak en is gevoer met emalje (enamel) binnekant. Ons kry toe by Checkers 'n cheapie brand teen R250 per pot! Wat 'n bargain. Ek het nie nog nie een van die ingevoerde Franse brands probeer nie, maar die een doen presies wat dit moet doen. Dis swaar gietyster en dit werk perfek in die oond. (Sien die foto)

Bestandele
1kg Beesvleis (shin of ander snit wat lank gaan neem om sag te kook)
1 liter of meer Rooiwyn (DroeRooi Dooswyn werk goed genoeg)
20 Piekel uie
1 groot ui
1 heel knoffel knol,
Vars tiemie
Lourierblare
Sout
Peper
1 of meer Pakkie knopie sampioene
1 groot wortel.
1 Pakkie bacon
Bietjie meel (half koppie of minder)
Beef stock (Ina Paarman het sulke sakkies wat goed werk)
3 eetlepels tamatie puree en of vars tamaties


Voorberei van vleis

Sny die bacon in blokkies. Sny ook die vleis kleiner as jy groot stukke vleis gebruik. Braai die bacon (nie tot crispy nie, dit moet net gaar word en van die vet vrystel) Verwyder die bacon en sorg dan dat die pot baie warm is en braai die vleis vinnig tot bruin. Moenie alles op een slag doen nie, die vleis moenie tyd kry om juices vry te stel nie. Gooi die meeste van die vet weg en braai dan die groot ui wat fyn gesny is en die wortel wat ringetjies gesny is in die pot. Gooi dan van die rooiwyn by om die pot te deglaze (om al die braaisels los te kry)

Sit die helfte van die bacon en die vleis in die pot wat jy in die oond gaan sit. Coat die vleis en bacon met die meel en bak die in 'n warm oond vir 'n paar minute totdat die meel begin hard word en effe bruin is. Draai vleis bietjie om en bak bietjie langer om dieselfde aan die ander kant te kry. Gooi dan die uie en wortel smoor en die res van die rooiwyn by die vleis.

Sny die heel knoffel knol (met skil en al) in twee sodat dit lyk soos 'n wiel en sit in die pot.  (Dit gaan uitgehaal word as die sous reg is). Gooi lourierblaar, sout en peper in die pot. Gooi Beef stock en nog 'n koppie of twee water in die pot totdat die vleis net net bedek is. Sit ook die tamaties of tamatie puree in die pot. As jy heel tamaties gebruik, verwyder die skil en sny dit op. (Sit tamaties in kookwater vir 'n minuut of twee om die skil af te kry)

Sit die deksel op en bak vir 2 1/2 na 3 ure teen 180-200 C. Loer so na twee ure om te sien of die vleis sag is en hoe die vloeistof lyk. Dit behoort dik te raak en ongelooflik te ruik.

Uie

Gebruik omtrent so twintig klein uitjies. Om hulle te skil kan hulle ook vir 'n minuut of twee in kookwater gegooi word, dan dop hulle skilletjies af. Sny 'n kruis in die onderkant van die geskilde ui. Dit keer dat dit nie stukkend kook nie.

Braai die uitjies in 'n pan met botter totdat hulle lekker goudbruin lyk. Gooi die uitjies in 'n pot met 'n koppie beef stock en die ander helfte van die bacon. Kook dit dan 30 - 50 min baie stadig totdat die uitjies sag is. Laat staan dit dan tot die vleis reg is.

Sampioene

Vee die sampioene met 'n lap of papier af om die bietjie grond af te kry, moenie was nie. Braai hulle in 'n pan met bietjie botter deur die pan te skud en die sampioene te rol. Moenie sout of enigiets opgooi nie, hulle moet heel en droog bly. Braai tot mooi bruin en laat staan tot vleis reg is. (Dit kan vinnig gedoen word net voor die vleis uit die oond kom)

Regkry van sous
 
Sodra die vleis sag is is dit tyd om die finale sous reg te kry.
Julia Childs se resep vra dat jy die sous deur 'n kollander gooi, maar ek het dit nie nodig gevind nie. Verwyder net die knoffel stukke en die takkies van die tiemie en dan behoort dit goed te wees. Moenie die pot te verskriklik roer nie, dit mag die vleis mash.
Die sous wat by die uie is kan effe dikker gemaak word voordat dit by die pot se sous kom. Om dit reg te kry, sit 'n eetlepel of twee botter en netsoveel meel in 'n groterige koppie en sit vir omtrent 20 sekondes in mikrogolf. Roer en dan weer vir 15-20 sekondes. Dit behoort te skuim. Gebruik 'n soplepel en gooi van die sous in die borrelende botter koppie. Dit behoort dadelik dik te raak. Roer dit dan alles terug in die sous.

Jy behoort nou op die vleis omtrent 2-3 koppies wonderlike sous te he as jy alles in die pot terug gooi. Sit alles bymekaar en prut vir 'n klein bietjie om die sous finaal reg en dik te kry. Proe vir genoeg sout ens.

Bedien die gereg in diep bakkies vir die sous se onthalwe. Skep lepels vol kappokaartappels (mashpotatoes) binne die sous. Dit kan ook bedien word met klein gekookte aartappeltjies.

Die kool is die sous werd in hierdie geval. Dit is net eenvoudig 'n ongelooflike sous!

Geniet dit!